Lees ook: Een geval van a-pokke aangemeld in Ugandese tronk
Die WGO het vandag bevestig dit het Bavarian Nordic se entstof teen a-pokke vir tieners tussen 12 en 17 jaar oud goedgekeur.
Die ouderdomsgroep word as kwesbaar vir uitbrake van die siekte beskou.
Kinders, tieners en mense met swak immuunstelsels is veral kwesbaar vir uitbrake van a-pokke. Die entstof vir volwassenes is in September goedgekeur.
Bronne: DevDiscourse, Newcastle Herald, Reuters





