Lees ook: Israeliese aanval dood ouers en 6 kinders in Gaza
ISRAEL. – Vier tienersoldate van die Israeliese weermag is dood na Hezbollah ’n hommeltuigaanval op ’n weermagbasis naby Binyamina-stad geloods het.
Die vier soldate – Omri Tamari, Yosef Hieb, Yoac Agmon en Alon Amitay – was almal 19.
Altesaam 61 mense is in die aanval gewond. Hezbollah het gesê die aanval was uit weerwraak vir Israel se aanvalle op Beiroet verlede Donderdag, wat die dood van 22 mense tot gevolg gehad het.
Bronne: Sky News, The Times of Israel, NPR





