LIMPOPO. – ‘n Verdagte (55) is Woensdag met ‘n vermoedelik gesteelde 4 x 4 Jeep Grand Cherokee-sportnutsvoertuig in sy besit in hegtenis geneem.
Lt.kol. Stephen Thakeng sê die provinsiale teen-smokkel-eenheid het inligting van ‘n beweerde gesteelde voertuig wat van Gauteng na Musina-polisiëringsgebied reis, opgevolg. Die voertuig met die verdagte is op die N1 in ‘n suidelike rigting, buite Polokwane, opgemerk waarna dit langs die Shell Ultra City-vulstasie onderskep is.
Tydens deursoeking is ontdek daar is met die enjin- en onderstelnommers van die Jeep gepeuter. Die verdagte kon nie sê waar hy die voertuig gekry het nie en is dadelik op aanklag vir die besit van ‘n vermoedelik gesteelde voertuig en oortreding van die padverkeerswet in hegtenis geneem. Daar is op die Jeep beslag gelê.
Thakeng sê die verdagte verskyn Vrydag op aanklagte in die Polokwane-landdroshof.
Die ondersoek duur voort.





