Kleuter se biologiese ma vat hom terug, ma en ‘grootmaakma’ aangekla

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Vrou (46) van Bultfontein is op onder meer aanklagte van regsverydeling en meineed gearresteer, nadat sy ‘n vals ontvoeringsaak vir “haar” kleuterseun aangemeld het. Boonop staan sy en die kleuter se biologiese ma (24) op aanklagte van bedrog en mensehandel in Bloemfontein tereg.

Kapt. Loraine Earle sê na bewering het ‘n Facebook-vriendskap tussen die twee vroue tot die reëling gelei waarvolgens die nuutgebore baba twee jaar gelede deur sy biologiese ma aan die ouer vrou gegee is. Die biologiese ma het na twee jaar haar kleuterseun teruggeneem, waarna die Bultfontein-vrou op 9 Maart ‘n ontvoeringsaak by Thabong-polisiestasie oopgemaak het.

Met ‘n ondersoek op die misdaadtoneel het deskundiges, speurders en ander polisielede die volgende dag bevind die kleuter is nooit ontvoer nie. Verdere ondersoek het onthul die biologiese ma het haar seun die vorige dag omstreeks 09:30 teruggeneem. Die grootmaakma is gearresteer toe haar klagte as vals bevind is. Die kleuter is tans in die sorg van die Puthaditjhaba-maatskaplike diens.

Earle sê die biologiese ma het glo destyds die kleuter bedrieglik met die Bultfontein-vrou (grootmaakma) se identiteitsdokument by binnelandse sake geregistreer.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief