Anrika en Alvin Bruinders het die koms van Azariah, hulle babadogtertjie, met vreugde op sosiale media aangekondig. Mamma Anrika spog met Azariah in ‘n foto, kompleet met ‘n Swiftie-uitrusting.
Gelukwense stroom op sosiale media vir die gesin in. By twee plasings sê die ouers saam met foto’s waarop ouboet Avrick ook trots pryk: “En teen alle verwagtinge in het God ons gebede verhoor!! AZARIAH beteken God het gehelp.” “Dit kom al lankal. Sy is uiteindelik in ons arms! En boeta is so lief vir sy sussie!!
Die egpaar is op 16 Desember 2006 getroud. Alvin is alombekend vir sy rol as Sheridan in Vetkoekpaleis. Anrika was ‘n sangeres. Die egpaar het deur die afgelope jare met vele IVF-pogings asook surrogaat-swangerskap probeer om hulle gesin uit te brei. Op 8 September 2024 het die gesin hulle dogtertjie Alaska, wat op 31 Augustus 2024 vroeg deur ‘n surrogaat-swangerskap gebore is, aan die dood afgestaan.
Nuusflits wil Anrika, Alvin en Avrick gelukwens met die koms van Azariah.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





