Tiger Brands het vrywillig sy Benny-bees- en hoender-aftrekselblokkies herroep.
Die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) sê in ‘n verklaring die voedingsinligting op die verpakking weerspieël moontlik nie die akkurate natriuminhoud van die produk nie.
Dit behels die pakkies met 12, 24 en 48 blokkies aftreksel. Die produkte wat geraak word, word sedert 2023 verkoop en het ‘n gebruik-voor-datum van 31 Julie 2027.
Lees die verklaring hier onder.






