VSA. – ’n American Airlines-vliegtuig moes Saterdag ’n noodlanding maak nadat ’n “toestel” van ‘n passasier aan die brand geraak het.
Lees ook: Boeing F/A-18- militêre vliegtuig ontplof kort ná opstyging
Volgens die Federale Lugvaartadministrasie moes American Airlines vlug 357 van Philadelphia na Phoenix ’n noodlanding by die Washington Dulles- internasionale lughawe maak “ná verslae van rook wat van ’n passasier se ‘toestel’ gekom het”. Dit is onbekend watter tipe toestel dit was.
Die Federale Lugvaartadministrasie het gesê die vliegtuig het veilig geland en niemand is beseer nie. Hulle ondersoek die voorval. Luidens ’n verslag deur hulle in Februarie uitgereik, was daar in die laaste dekade ’n verhoging van 388% in brande deur toestelle soos selfone en eksterne batterye veroorsaak.
American Airlines het gesê die brand is vinnig geblus en die toestel deur bemanning weggeneem voordat die vliegtuig geland het.
Bronne: The Independent, Daily Mail, New York Post
Lees ook: Ghislaine Maxwell se onderhoud met Todd Blanche vrygestel





