Twee klein vliegtuie bots naby lughawe in VSA

Lees ook :

Twee klein vliegtuie bots naby lughawe in VSA fotokrediet: X

COLORADO, VSA. –  Een persoon is gister oorlede en drie is beseer nadat twee klein vliegtuie in die lug naby die Colorado-lughawe gebots het.

Lees ook: Vlieënier verongeluk terwyl hy oefen vir lugskou in Poland

’n Cessna 172 wat op pad was om by die Fort Morgan- munisipale lughawe te land is deur ’n Extra Flugzeughbau EA300 getref wat ook besig was om te land. Daar was twee mense op elke vliegtuig.

Die twee passasiers van die Cessna het oorleef en is na ‘n hospitaal geneem terwyl een passasier van die Flugzeughbau oorlede is en die ander een na ‘n hospitaal geneem is.

Beide die Federale Lugvaartadministrasie en die Nasionale Vervoerveiligheidsraad ondersoek die ongeluk.

Bronne: Daily Mail, Mirror, CNN

Lees ook: Vlieënier verongeluk terwyl hy oefen vir lugskou in Poland

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief