DOHA, KATAR. – Israel het gister ‘n lugaanval op Hamas-leiers in Doha, Katar, geloods.
Lees ook: Ses mense dood en twee beseer in skietery in Kaap
Die kantoor van Benjamin Netanyahu, Israeliese eerste minister, het gesê dit was ’n “onafhanklike Israeliese operasie. Israel het dit begin, Israel het dit uitgevoer en Israel neem volle verantwoordelikheid”.
Netanyahu en sy minister van verdediging, Israel Katz, het in ’n gesamentlike verklaring gesê die aanval is goedgekeur nadat gewapende verdagtes Maandag ses mense op ’n bus in Jerusalem gedood en verskeie beseer het.
Volgens Hamas het hulle leierskap Israel se aanval oorleef, maar ses van hulle lede is dood. Volgens Hamas is die groep se onderhandelingspan vir die skietstilstand ongedeerd.
Katar het Israel se “lafhartige” aanval veroordeel en dit ’n blatante oortreding van internasionale wet verklaar.
Bronne: Euronews, BBC, Evening Standard





