Vermiste persoon bewusteloos in motor aangetref

Lees ook :

Foto: Emmanuel Sorg Npc

NOORDWES. – Alwin Dorman (39) van Olifantsnek, wat op 6 Oktober vermis geraak het, is Donderdagaand bewusteloos in sy voertuig langs die R24-Olifantsnek-pad aangetref. Hy het met sy ma per foon gepraat en gesê hy sien bosse, waarna kontak verbreek is.

Rustenburg First Responders sê in ‘n sosialemediaplasing ‘n oproep oor ‘n voertuig in ‘n bos, met ‘n bewustelose persoon binne-in, is net ná 21:00 ontvang. Met verdere ondersoek is die persoon sittend, ontwater en bewusteloos aangetref. Daar is vasgestel die voertuig behoort aan Dorman. Dorman se ma het vermoed haar seun was in ‘n ongeluk betrokke.

Dorman is op die toneel gestabiliseer en vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer.

Bronne: Rustenburg First Responders, Rustenburg Staan Saam en Emmanuel Sorg Npc

.


Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief