VIЁTNAM. – Rekordoorstromings en grondverskuiwings het die lewens van agt mense in Viëtnam geëis en duisende gestrand gelaat. Vyf persone word nog vermis.
Lees ook: 11 dood nadat tifoon Bualoi Viëtnam tref
Swaar reën het Dinsdag en Woensdag uitgesak ná tifoon Matmo die noorde van land Maandag getref het. Tifoon Matmo het gevolg slegs ‘n week ná tifoon Bualoi, wat 56 mense gedood het en ekonomiese verliese van sowat $710 miljoen veroorsaak het.
Die weermag het sowat 30 000 personeellede en duisende bote gestuur om die reddingspogings by te staan.
Die hoogste vloedvlakke in 40 jaar is in drie riviere in die noorde van die land aangemeld
Bronne: ABC News Australia, Euronews, NDTV
Lees ook: 11 dood nadat tifoon Bualoi Viëtnam tref





