KYK: Oorlaaide bus met 117 passasiers onderskep

Lees ook :

Foto's: Departement van Vervoer en Gemeenskapsveiligheid

LIMPOPO. – ’n 65-sitplek bus is Dinsdag op die N1 naby die Peter Mokaba-stadion onderskep, nadat beamptes opgemerk het dat dit oorlaai was. Die bus met 117 passasiers was van Gauteng na Malawi onderweg met 52 meer passasiers as die wettige toelaatbare kapasiteit.

In ‘n plasing op sosiale media sê die provinsiale departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid die bus het ‘n bestuurder, 101 volwassenes en 15 minderjariges vervoer. Die voertuig is van die Polokwane-weegbrug na die provinsiale verkeersbeheersentrum (PTCC) herlei. Alhoewel die bestuurder probeer weghardloop het, is hy vinnig deur die polisie en verkeersbeamptes gekeer en in hegtenis geneem.

Die bus is by die verkeersbeheersentrum gehou totdat die oorbodige passasiers verwyder is en ‘n boete betaal is. Verdere ondersoeke is aan die gang. Verkeersbeamptes is vir hulle toewyding geprys en hulle is aangemoedig om aan te hou om ongelukke te verminder.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief