KAAPSTAD. – Die Stad Kaapstad se Gemeenskapsdienste en Gesondheidsdirektoraat het strandgangers aangemoedig om hierdie naweek in die veilige sones by strande en in swembaddens te bly.
Lees ook: Stad Kaapstad dienste gereed vir langnaweek
Die Stad herinner die publiek aan die vier goue reëls om verdrinking te voorkom:
Swem net tussen die lewensredders se rooi en geel vlae op die strand, moenie onder die invloed van alkohol swem nie, wees bewus van die gety en hou ten alle tye jou kinders dop.
Bron: City of Cape Town





