R813,3 m. steeds ‘vermis’ – antwoorde geëis oor soldate se toelaes

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Die beweerde “vermiste” R813,3 miljoen vir Suid-Afrikaanse soldate se ontplooiingstoelaes kom vandag (Vrydag) om 09:00 voor die parlementêre gesamentlike staande komitee oor verdediging ter tafel.

Nicholas Gotsell, DA-LP en lid van die komitee oor veiligheid en justisie, sê die party eis duidelike antwoorde oor die geld wat vir soldate onder die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se sending in die Demokratiese Republiek die Kongo (SAMIDRC) begroot is. Volgens hom wag die DA al bykans ’n jaar vir verduidelikings. Die DA sê hy wil ’n volledige uiteensetting van die R813,3 miljoen hê, bewys van betalings aan soldate en die uitslae van die interne ondersoek.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het gedurende Mei 2025 aan die parlement gesê soldate se geld is glo in hul rekeninge tuis gehou. Soldate het egter aangedui dat hulle nie betaal of ten volle betaal is nie. In September 2025 het die SANW gesê alle toelaes is uitbetaal, maar terselfdertyd bevestig dat ’n interne ondersoek nog aan die gang is. Die uitslae is steeds nie bekend nie.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief