KWAZULU-NATAL. – President Cyril Ramaphosa het Dinsdag 10 meter hoë brons-standbeelde ter ere van Nelson Mandela en die voormalige ANC-president, Oliver Tambo, op South Beach in eThekwini onthul.
Die presidensie, regering en eThekwini- metropolitaanse munisipaliteit sê die president het die onthulling in die teenwoordigheid van Cyril Xaba, die burgemeester van eThekwini, asook nasionale en provinsiale parlementslede, raadslede en ander regeringsverteenwoordigers gemaak.
Leiers uit al drie regeringsfere en gemeenskapslede het volgens die munisipaliteit die geleentheid bygewoon om die blywende nalatenskap en bydrae van dié twee vryheidstryd-ikone te vier.
Die DA in die provinsie het volgens ‘n sosialemediaplasing op hulle Facebook-blad die koste van die standbeelde bevraagteken terwyl dienste faal. Haniff Hoosen, die DA se eThekwini-burgemeesterkandidaat, het saam met DA-raadslede, insluitend koukusleier, raadslid Thabani Mthethwa, ’n betoging gehou. Volgens die plasing is dit onaanvaarbaar dat eThekwini, waar inwoners voortdurend met water- en kragonderbrekings worstel, miljoene aan standbeelde bestee in plaas van om noodsaaklike dienste te verbeter. Die party dring daarop aan dat die president en die eThekwini-munisipaliteit hul prioriteite regstel.

Kyk hier onder na die onthulling:






2 Responses
Great wordpress blog here.. It’s hard to find quality writing like yours these days. I really appreciate people like you! take care
We’re a bunch of volunteers and opening a new scheme in our community. Your site provided us with helpful information to paintings on. You have done a formidable activity and our entire community might be grateful to you.