GAUTENG. – Appel, oftewel Christoph Kotze, gewilde SA-sanger, rig ‘n waarskuwing op sosiale media nadat Sally-Ann Kotzé, sy vrou, se selfoon Saterdag uit haar handsak in ’n winkel gesteel is. Die toestel is kort daarna in Hillbrow, in Johannesburg, opgespoor.
Die sanger sê die diefstal het binne minute gebeur en hulle het dit nie eers opgemerk nie. Met behulp van die opsporingsfunksie is die foon in die omgewing van Albertina Sisulu-weg en Helen Josephstraat in Hillbrow opgemerk. Appel gee die volgende wenke; hou jou handsak toe en voor jou lyf. Moenie selfone in oop sakke dra nie. Wees oplettend vir ongewone nabyheid van mense of afleidings.
Lees hier onder wat Appel sê: Belangrike bewusmaking: Voorval by Menlyn
Vandag is my vrou se selfoon uit haar handsak gesteel in ’n winkel by Menlyn. Dit het binne minute gebeur, stil en sonder dat ons dit dadelik opgemerk het. Met behulp van die opsporingsfunksie kon ons sien dat die toestel kort daarna in Hillbrow, Johannesburg, verskyn het, in die omgewing van Albertina Sisulu-weg en Helen Josephstraat. Ons plaas hierdie nie om beskuldigings te maak of paniek te veroorsaak nie, maar om mense bewus te maak. Wanneer ’n toestel so vinnig van ’n winkelsentrum in Pretoria na ’n ander stad verskuif, laat dit ernstige vrae ontstaan oor hoe georganiseer sulke misdaad kan wees.
Ons vertrou dat die betrokke bestuur die nodige stappe sal neem om:
• Kamerabeelde deeglik te hersien
• Sigbare sekuriteit te versterk
• Met die publiek te kommunikeer oor veiligheidsmaatreëls
Aan almal wat inkopies doen: Moenie aanvaar jy is veilig omdat die omgewing netjies of bekend is nie.
Hou handsakke toe en voor jou lyf.
Moenie selfone los in oop sakke dra nie.
Wees bedag op enige ongewone nabyheid of afleiding.
Ons het ’n saak by die polisie aangemeld en die nodige veiligheidsmaatreëls getref.
Bly waaksaam en verantwoordelik.






2 Responses
Nice read, I just passed this onto a colleague who was doing a little research on that. And he just bought me lunch since I found it for him smile So let me rephrase that: Thank you for lunch! “We know what happens to people who stay in the middle of the road. They get run over.” by Ambrose Gwinett Bierce.
whoah this weblog is excellent i love studying your articles. Stay up the good work! You understand, lots of persons are looking round for this info, you can help them greatly.