Besoeke aan Kaapse polisie wys ernstige tekorte uit – Ian Cameron

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – Ian Cameron, die voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor polisie, sê onaangekondigde toesigbesoeke in die Kaapse metropool het weer gewys dat die polisie weens ernstige tekorte aan hulpbronne in baie gebiede sukkel om effektief te funksioneer.

Volgens Cameron word polisiebeamptes daagliks in hoërisikogebiede ontplooi sonder voldoende voertuie en toerusting, wat beide misdaadvoorkoming en ondersoeke belemmer. Hy sê dit is ’n patroon wat landwyd herhaal word. By die Khayelitsha-polisiekantoor het hy gevind dat 15 van die 38 voertuie tans in werkswinkels is – dit is bykans 40% van die voertuigvloot. Dit, sê hy, plaas groot druk op die stasie se vermoë om vinnig op misdaad te reageer. Hy het ook kommer uitgespreek oor die lang wagtye vir herstelwerk, met sommige voertuie wat maande lank buite diens is weens meganiese en skadeherstelwerk.

Verder het Cameron gewys op ernstige onderbemanning by die Khayelitsha se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdade. Die eenheid het slegs 21 lede, terwyl 43 as ideaal beskou word, wat ’n tekort van sowat 22 mense beteken.

Hy sê die gebrek aan voertuie en personeel het ’n direkte impak op beamptes se werk en dra by tot ‘n lae moraal. Cameron het intussen die polsie se bestuur skriftelik versoek om dringend in te gryp en oplossings te vind.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief