VENEZUELA. – Reddingswerkers het ‘n man in ‘n “wonderbaarlike” reddingsoperasie onder die puin van ‘n negeverdiepinggebou in Venezuela uitgehaal, agt dae nadat verwoestende aardbewings die land getref het.
Volgens The Guardian is Hernán Alberto Gil Flores, wat onder sowat nege meter se puin vasgekeer was nadat die parkeerterrein van ‘n winkelsentrum in La Guaira ineengestort het, Donderdag bevry ná ‘n uiters delikate reddingspoging wat dae lank deur plaaslike en internasionale reddingspanne uitgevoer is.
Gil, ‘n man in sy veertigs wat as veiligheidswag by die winkelsentrum gewerk het, is volgens Chili se brandweer in ‘n goeie toestand nadat hy agt dae ná Venezuela se dubbele aardbewings uit die puin van die ineengestorte gebou gered is.
Die reddingsoperasie het meer as 70 uur geduur, het die brandweer in ‘n verklaring gesê. Hy is daarna na ‘n mediese fasiliteit oorgeplaas.
Bronne: The Guardian, CNN





