DOHA. – Minstens 13 mense is dood en 66 beseer ná ‘n ontploffing Sondag by Katar se grootste gasaanleg.
Die stad se hoofverwerkingsaanleg vir vloeibare aardgas (LNG) het Sondagaand ‘n “tegniese ongeluk” in die nywerheidsgebied van Ras Laffan beleef, het die ministerie van binnelandse sake gesê. Die ontploffing het vensters laat ratel en is dwarsoor sentrale Doha gevoel.
Volgens die BBC het Katar se minister van energie, Saad Sherida al-Kaabi, gesê die ontploffing sal nie die land se uitvoere raak nie. Hy het bygevoeg: “Dit was ‘n ongeluk en nie sabotasie of ‘n vyandige daad nie.”
Bronne: BBC, The Federal





