Motor tref muur, jong man (20) beswyk aan sy beserings

Lees ook :

Motor tref muur, jongman (20) beswyk aan sy beserings
Motor tref muur, jongman (20) beswyk aan sy beserings Foto: ER24

KEMPTON PARK. – ‘n Jong man is Sondagoggend dood nadat hy ernstige beserings opgedoen het toe sy motor ‘n muur getref het en die motor op sy dak beland het.

ER24-paramedici berig hulle was die oggend om 07:25 op die toneel saam met verskeie owerhede en nooddienste. “’n Ligtevoertuig is op sy dak gevind. Die motor het teen die baksteenmuur van ‘n plaaslike onderneming in Vleiweg, Kempton Park, gebots.”

‘n Jong motorbestuurder is in sy motor aangetref. Hy is lewensondersteunende behandeling gegee voordat hy na die Tambo Memorial-hospitaal geneem is. Hy het later aan sy talle beserings beswyk.

Meer besonderhede oor die voorval is nie bekend nie, maar die polisie was op die toneel vir ondersoeke.

LEES OOK: Beloning aangebied na ma en gestremde seun op plaas vermoor is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief