Robert de Niro geniet steeds vaderskap op die ouderdom van 80

Lees ook :

Robert de Niro geniet ouerskap op 80. Foto: AARP Magazine

Die akteur Robert de Niro het onlangs verklap hy ervaar vaderskap as lewensveranderend, selfs op die ouderdom van 80.

Hy het in 2023 weer pa geword van ’n dogtertjie, Gia, wat tans nege maande oud is. Die swangerskap was beplan.

De Niro, wat altesaam sewe kinders het, sê hy vergeet van alle bekommernis wanneer hy na sy dogtertjie kyk. Hy wil so lank as wat dit moontlik is daar wees om haar te geniet.

Gia is sy eerste kind by sy meisie, Tiffany Chen. Tiffany is kort na Gia se geboorte met Bell-gesigsverlamming gediagnoseer. Dit is ’n siekte wat skielike spierverlamming aan die een kant van die gesig veroorsaak.

Bronne: People, Hindustan Times, CBS

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief