Bewyse van oeroue meer en rivierdelta op Mars gevind

Lees ook :

Bewyse van destydse mere is op Mars gevind. Foto: ter illustrasie Canva

Toerusting aan boord van Nasa se Perseverance-verkenningstuig het bevestig die Jezero-krater net noord van Mars se ewenaar het eens ’n meer en rivierdelta bevat.

Die krater op Mars se oppervlak, wat deur ’n massiewe meteoriet veroorsaak is, bevat bewyse van sedimentêre afsettings wat oor ’n lang tydperk gevorm het. Nuwe hoop bestaan dat bewyse en spore van lewe binne die afsettings op die rooi planeet gevind kan word.

Perseverance het grond- en rotsmonsters van die sediment geneem wat verder ontleed sal word. Dit sal tydens ’n volgende ekspedisie na die aarde gebring word.

Volgens onlangse navorsing wat in die Science Advances-joernaal gepubliseer is, was die krater op ’n tyd met water gevul wat sediment op die bodem laat vergader het.

Met die moontlike krimping van die meer het ’n rivierdelta gevorm. Die geologiese kenmerke wat op Mars se oppervlak sigbaar is, dui daarop dat die meer met die verloop van tyd vergaan het en die sediment geërodeer het.

Data wat tussen Mei en Desember 2022 deur die radar ingesamel is, het beelde van rivierdeltas wat soortgelyk aan die aarde s’n is, getoon. Dit is ’n groot deurbraak vir wetenskaplikes wat moontlike lewe op ander planete bestudeer.

Bronne: Science Daily, Live Science, News Nation

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief