SADAG bied hulp aan matrikulante

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

SADAG bied van vandag 18:00 hulpsessies vir matrikulante op hulle Instagramblad aan – @sadag_official.

Steve Mabona, woordvoerder vir onderwys in Gauteng, sê die sessies sal ondersteuning bied aan veral matrikulante wat vir hulle voorlopige eksamens voorberei.

Die sessies sluit onderwerpe soos eksamenstres, onstspanningstegnieke en maniere hoe onderwysers tieners kan bystaan, in.

Matome Chiloane, die LUR vir onderwys in die provinsie, moedig leerders wat sukkel en oorweldig voel aan om hulp by SADAG se 24 uur-hulplyn te verkry deur 0800 68 78 88 te bel.

“Ons is hartseer oor die tragiese verlies van jong lewens. Ons gedagtes en gebede is by die families, vriende en skoolgemeenskappe wat deur hierdie verwoestende voorvalle geraak word. ‘n Psigososiale ondersteuningspan sal die nodige ondersteuning aan almal wat betrokke is in hierdie moeilike tyd, bied,” sê LUR Chiloane.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief