Hoërskoolmeisie sterf na twee glo rotgif by skool inkry

Lees ook :

GAUTENG. – ‘n Gr. 8-meisie van Hoërskool Tsakane in Ekurhuleni het Maandag gesterf nadat sy glo in skooltyd saam met nog ‘n meisie rotgif ingeneem het.

Steve Mabona, woordvoerder vir die onderwysdepartement in die provinsie, sê die meisies het na bewering rotgif by die skool ingekry, waarna een inmekaargesak het. Een van die meisies moes na die administrasieblok gedra word, terwyl die ander een, wat reeds swak was, self tot daar kon stap.

Nooddienste en die meisies se ouers is dadelik ontbied. Een van die meisies is by die skool dood verklaar, terwyl die ander een vir mediese behandeling na die plaaslike mediese fasiliteit gehaas is.

Mabona sê die polisie ondersoek die insident.

Matome Chiloane, die LUR vir onderwys in die provinsie, moedig leerders wat sukkel en oorweldig voel aan om hulp by SADAG se 24 uur hulplyn te verkry deur 0800 68 78 88 te bel.

“Ons is hartseer oor die tragiese verlies van jong lewens. Ons gedagtes en gebede is by die families, vriende en skoolgemeenskappe wat deur hierdie verwoestende voorvalle geraak word. Ons psigososiale ondersteuningspan sal nodige ondersteuning aan almal wat betrokke is tydens hierdie moeilike tyd, bied,” sê LUR Chiloane.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief