Skoliere beseer toe minibustaxi se remme glo faal

Lees ook :

Foto: KZN VIP Protection Services

KWAZULU-NATAL. – Altesaam 14 skoliere is Dinsdag in ‘n botsing beseer toe ‘n minibustaxi waarin hulle gery het se remme glo in Weycroft, Phoenix, gefaal het.

KZN VIP Protection Services se mediese beamptes is deur inwoners na die toneel ontbied. Op die toneel was ‘n meisie in die minibustaxi vasgekeer terwyl nog getraumatiseerde leerders in die pad gesit en wag het vir mediese hulp. Die meise wat vasgekeer was, is uitgehaal en saam met die ander leerders gestabiliseer.

Na bewering het die voertuig se remme gefaal.

Familie- en gemeenskapslede word gevra om opgeleide nooddienspersoneel toe te laat om hulle werk waarvoor hulle opgelei is, te doen.

“Medics have to start with a triage of patients, stabilize accordingly, update a medical facility that they will be coming with a patient and also obtain family or next of kin details.”

KZN VIP Protection Services bedank die insleepdienste wat die voertuig beveilig het terwyl paramedici gewerk het om die meisie uit die wrak te haal.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief