Polisielid en nog verdagtes in hegtenis geneem nadat man sterf

Lees ook :

Foto: Community Support Forum

GAUTENG. – Michael Pule Tau (54), Musa Kekane (36) en Dany Floyd Mabusela (46) is in hegtenis geneem nadat Armand Swart verlede Woensdagoggend by sy werksplek se hek in Duncanville in ‘n koeëlreën gesterf het. Een van die verdagtes is ‘n adjudant-offisier in die polisie.

Kol. Noxolo Kweza sê Swart het by sy werk se hek gewag toe die verdagtes op sy voertuig geskiet het. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie het later die verdagtes in Bramley in hegtenis geneem en verskeie vuurwapens gekonfiskeer. Sake van moord, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en poging tot moord word ondersoek.

Die hofsaak is tot 30 April uitgestel waartydens die verdagtes se formele borgaansoeke aangehoor sal word.

Lt.genl. Tommy Mthombeni, die provinsiale kommissaris, het die inhegtenisneming van ‘n polisielid as ‘n verdagte in die saak geprys. Hy het die pogings om misdadiger-polisielede aan die kaak te stel, beklemtoon en geprys.

Die polisie vra enigiemand met inligting van die voorval om na vore te kom.

Swart het blykbaar omstreeks 07:00 die hek na sy werksplek in Van Riet Lowestraat oopgemaak om in te ry. In hierdie tyd is hy glo vanuit ‘n verdagte voertuig geskiet. Hy is na bewering 20 keer getref.

Bronne: SAPD en Caxton Network News

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief