TikTok gaan $400 m. opdok in saak oor kinders se privaatheid

Lees ook :

Foto: Canva

VSA. – TikTok het ingestem om $400 miljoen aan die Amerikaanse regering te betaal om ‘n regsgeding te skik waarin beweer word dat die platform kinders se privaatheid geskend het. Dit is een van die grootste skikkings ooit oor die kwessie.

Volgens AP News spruit die ooreenkoms voort uit ‘n regsgeding wat die Amerikaanse Departement van Justisie in 2024 onder die voormalige president Joe Biden aanhangig gemaak het. Daarin is beweer dat TikTok en sy moedermaatskappy, ByteDance, “groot hoeveelhede data” oor miljoene gebruikers jonger as 13 jaar ingesamel het.

Dit was in stryd met die Children’s Online Privacy Protection Act (COPPA), ‘n federale wet wat in 2000 ingestel is. Dit is dieselfde wet waaroor tientalle Amerikaanse state tans ook vir Meta dagvaar.

“Kinders en ouers word vandag beter beskerm as toe hierdie saak begin het,” het die assistent-prokureur-generaal Brett Shumate gesê.

Bronne: Amerikaanse Departement van Justisie, AP News

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief