KWAZULU-NATAL. – Die polisie het ‘n saak van voertuigdiefstal geopen nadat ‘n verdagte (60) Saterdag met ‘n polisiebakkie uit die Umhlali-polisiekantoor se perseel weggery het.
Kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits polisiebeamptes het die polisiebakkie se sleutels op die toonbank in die gemeenskapsdienssentrum (GDS) gelos. Hulle was besig om ‘n dwelmverdagte by die aanhoudingselle in te boek toe hulle opgemerk het hoe die voertuig agteruitbeweeg. Pogings om die bestuurder te keer, was onsuksesvol en ’n jaagtog het gevolg. Die voertuig is later in Ballito gevind en die verdagte is in hegtenis geneem.
Hy sal binnekort in die hof voorkom.





