DUITSLAND. – Volgens die polisie het ’n rioolstorting gister die treinontsporing veroorsaak waarin drie mense oorlede is.
Lees ook: Drie dood en verskeie beseer ná trein in Duitsland ontspoor
Aanklaers en die polisie het gesê die trein het tussen Riedlingen en Munderkingen ontspoor ná swaar reën in die gebied ’n rioolstorting veroorsaak het wat tot ’n grondstorting langs die treinspoor gelei het.
Twee treinwaens het ontspoor en die dood van die bestuurder, ’n werker op die trein en ’n passasier veroorsaak. Altesaam 41 mense is in die ongeluk beseer.
Bronne: BBC, The Independent, The Straits Times
Lees ook: Drie dood en verskeie beseer ná trein in Duitsland ontspoor





