Verdagte verskyn in hof vir dubbele moord op plaas

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Mpho Tsimane (34) het vandag (Donderdag) in die Parys-landdroshof voorgekom in verband met ‘n dubbele moord Saterdag op een van die plaaslike plase.

Sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder, sê die polisie is Saterdag na ‘n toneel waar twee mans, onderskeidelik 27 en 34 jaar oud, met skietwonde aan die bolyf dood aangetref is. Volgens voorlopige ondersoeke blyk dit die drie mans was glo by sakerowe in Tumahole betrokke en dat ’n geskil tot die noodlottige skietery aanleiding gegee het. Met noukeurige ondersoek het die polisie daarin geslaag om ‘n verdagte te identifiseer en in hegtenis te neem. Ondersoeke duur voort en verdere arrestasies word nie uitgesluit nie.

Die saak is vir borgtogaansoek tot 18 Junie uitgestel.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief