GASA. – ’n Nuwe groep wat deur die VSA en Israel vir noodhulp in Gasa ondersteun word, het beweer Hamas het gister ’n bus met hulle Palestynse werkers aangeval.
Lees ook: Liggame van nog gyselaars in Gasa gevind
Volgens die Gaza Humanitarian Foundation is die bus gisteraand aangeval terwyl dit op pad was na ’n noodhulpsentrum. Minstens vyf werkers is dood.
Die Gaza Humanitarian Foundation het beweer die aanval volg ná dae van dreigemente deur Hamas en dat van hulle werkers moontlik gyselaar geneem is.
Hulle het Saterdag gesê Hamas maak dreigemente “wat dit onmoontlik maak” om in Gasa te werk. Hamas het die aantygings ontken en gesê die groep het “totaal op alle vlakke gefaal”.
Die organisasie is gekritiseer vir die min voorraad wat uitgedeel word en oor die afstande wat mense moet aflê om die voorraad te ontvang.
Bronne: BBC, New York Times, DW
Lees ook: Liggame van nog gyselaars in Gasa gevind





