WES-KAAP. – ’n Voertuig wat gebruik word om passasiers met ‘n trap toegang tot vliegtuie te gee, het Maandag kontak gemaak met ’n stlstaande vliegtuig by die Kaapstad Internasionale Lughawe. Die voorval word ondersoek.
Die lughawensmaatskappy van Suid-Africa (Acsa) en die lughawe sê noodspanne het onmiddellik opgetree en die situasie veilig bestuur. Geen beserings is aangemeld nie en vlugte het soos beplan verloop. Passasiers word aangeraai om die Acsa mobiele toepassing vir vluginligting en opdaterings te raadpleeg.




