Voormalige base van vrou wat babas in hospitaal vermoor het, in hegtenis geneem

Lees ook :

Voormalige base van vrou wat babas in hospitaal vermoor het, in hegtenis geneem fotokrediet: Canva

VK. – Drie voormalige senior werknemers by die Countess of Chester Hospital, waar die voormalige verpleegster Lucy Letby sewe babas vermoor het, is Maandag in hegtenis geneem vir growwe nalatige manslag.

Lees ook: Kouefronte begin Donderdag

Letby het tussen Junie 2015 en Junie 2016 sewe babas by die hospitaal doodgemaak en probeer om nog sewe babas te vermoor. Sy is 15 lewensvonnisse opgelê.

Die drie persone het tussen 2015 en 2016 as lede van die senior leierskorps by die hospitaal gewerk toe Letby daar in diens was. Hulle is in hegtenis geneem ná ’n ondersoek in 2023 begin is oor nalatige manslag en om vas te stel of daar “enige misdaad plaasgevind het in die reaksie ná die stygende getalle van babas wat by die hospitaal gesterf het”.

Die Cheshire-polisie het gesê dit ondersoek ook die dood van babas in Chester en in die Liverpool-vrouehospitaal waar Letby tot in 2012 opleiding gekry het.

Bronne: BBC, The Independent, Sky News

Lees ook: Kouefronte begin Donderdag

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief