AUSTRALIЁ. – Die data van sowat ses miljoen kliënte is gesteel toe kuberkrakers die Qantas-lugredery in Australië geteiken het.
Lees ook: 16 miljard wagwoorde op internet gelek
Die lugredery het gesê dit het op 30 Junie “ongewone aktiwiteite” gesien op die platform wat deur die kontaksentrum gebruik word om ses miljoen mense se data, insluitend name, e-posadresse, geboortedatums en selfoonnommers, te stoor.
Qantas het gesê onmiddellike aksie is geneem om die stelsel te beveilig, maar dat ’n groot deel van die data waarskynlik gesteel is.
Die kuberaanval het gevolg slegs dae nadat die FBI ’n waarskuwing op X geplaas het dat die lugredery deur die kuberkrakergroep, Scattered Spider, geteiken gaan word.
Bronne: BBC, DW – South Africa, ABC News
Lees ook: 16 miljard wagwoorde op internet gelek





