Vorige BSV-aanbieder swanger

Lees ook :

Foto: Marquerite van Eeden Photography

Marciel Hopkins, die vorige Boer Soek ‘n Vrou-aanbieder, en haar man Handré Lourens, het aangekondig hulle verwag hulle eersteling.

Hopkins het reeds vele boerepare se swangerskappe en babageboortes aangekondig, maar hierdie keer is dit haar beurt. Sy is reeds 16 weke swanger en het verklap hulle baba word in Junie verwag. Foto’s van die egpaar is op Clifton se Vierde Strand deur Marguerite van Eeden Photography geneem.

“16 weke van ons klein bondeltjie vreugde wat groei en my reeds op my tone hou! Die Here het só duidelik met my hart gepraat oor die volgende seisoen van my lewe, so ons het groot gedroom oor hierdie baba-blessing en is gereed vir die avontuur van ‘n leeftyd wat voorlê!”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief