Bloedvlek op skoen verraai verdagte

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Bloedvlek tydens ondervraging op ‘n verdagte (20) se skoen het tot ‘n deurbraak in die ondersoek na ‘n vrou (87) se moord gelei.

Elsie Mutsi is op 4 Januarie in Phahameng, Bultfontein, met steekwonde aan haar rug en nek in ‘n plas bloed in ‘n buitetoilet aangetref. Sy is op die toneel dood verklaar.

Kapt. Loraine Earle sê tydens die ondersoek het die polisie kritiese inligting oor die misdaad van die gemeenskap ontvang. In opvolging van die inligting is polisielede van Welkom se teenbende-eenheid Vrydag na ‘n huis in Naledi gelei waar ‘n verdagte by sy meisie se huis ondervra en die bloedvlek op sy skoen opgemerk is. Na verdere ondervraging is die verdagte gearresteer en vir moord aangekla.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief