1 000’e vlugte in VSA gekanselleer – nog sneeu op pad

Lees ook :

Foto: NASA

VSA. – ’n Kragtige winterstorm het die ooskus van die Verenigde State gister en vanoggend getref en rekordbrekende sneeuval gebring wat miljoene mense geraak het. Volgens die BBC is duisende vlugte gekanselleer. Meer as 600 000 eiendomme langs die ooskus was sonder krag. Die Boston Globe, ‘n toonaangewende koerant in die VSA, is vir die eerste keer in sy 153 jaar as gevolg van die storm nie gedruk nie.

Dele van Rhode Island en Massachusetts het bykans 94 cm sneeu ontvang, terwyl meer as 48 cm volgens die National Weather Service (NWS) in Central Park in New York gemeet is.

Die sogenaamde “nor’easter” het ook gelei tot ‘n reisverbod in verskeie deelstate. In Rhode Island en aangrensende Connecticut is nie-noodsaaklike reis verbied. Later is ’n soortgelyke verbod in Massachusetts ingestel en inwoners is gewaarsku teen gevaarlike “white-out”-toestande wat sigbaarheid op die pad drasties verminder.

Die storm, wat as ’n “bomsikloon” beskryf word, het intussen na kusgebiede van oostelike Kanada beweeg. Volgens die Associated Press ontstaan so ’n stelsel wanneer lugdruk binne 24 uur skerp daal – ’n verskynsel wat meestal in herfs en winter voorkom wanneer ysige Arktiese lug met warmer lug bots.

’n Snelbewegende laedrukstelsel, bekend as ’n Alberta Clipper, sal na verwagting Dinsdagaand verdere sneeu, ys en sterk winde na die Groot Mere-streek en noordoostelike dele van die VSA bring.

Bronne: BBC, AP News

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief