12 sterf in busongeluk naby lughawe

Lees ook :

Foto's: Stad Ekurhuleni

GAUTENG. – Altesaam 12 insittendes van ‘n bus het vanoggend omstreeks 06:45 in ‘n ongeluk op die R21 naby OR Tambo Internasionale Lughawe gesterf, terwyl nog 45 insittendes beserings opgedoen het.

Zweli Dlamini, woordvoerder vir die Stad Ekurhuleni, sê aan Nuusflits medelye word teenoor die families van die afgestorwenes uitgespreek. Die insittendes wat beseer is, is na die O.R. Tambo-, Tembisa- en Edevale-hospitale vervoer.

Rdl. Andile Mngwevu, die MMC vir Paaie- en Vervoerbeplanning in Ekurhuleni, was op die ongelukstoneel en sê: “Ons is sonder woorde. Dit is ‘n ramp. Ons innige meegevoel met die families van die oorledenes, en ons gebede vir ‘n spoedige herstel aan diegene wat na verskeie hospitale in die omgewing geneem is. Om so baie liggame te sien rondlê, is hartseer, en die stad voel regtig vir die gesinne wat sou verwag het om hul geliefdes later vandag terug by die huis te sien. Ons harte is baie swaar op die oomblik.”

Mngwevu sê die stad sal geen steen onaageroer laat nie om die oorsaak van die ongeluk vas te stel.

Dlamini sê tydens die uitreiking van die verklaring was die polisie en ander rolspelers besig om die ongelukstoneel vir leidrade te fynkam. Aanvanklike ondersoeke het nie bevestig of daar ander voertuie by die ongeluk betrokke was nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief