Vakbond eis Gayton McKenzie se afdanking oor werksgeleentheid wat swart mense uitsluit

Lees ook :

Vakbond eis Gayton McKenzie se afdanking oor werksgeleentheid wat swart mense uitsluit fotokrediet: Canva

Die General Industries Workers of South Africa (Giwusa) het geëis president Cyril Ramaphosa moet Gayton McKenzie afdank oor ’n advertensie vir ‘n werksgeleentheid wat swart mense uitsluit.

Lees ook: Amerikaanse kongreslid wil SA uit Agoa geskors hê

Die departement van sport, kuns en kultuur het ’n advertensie vir die pos van die adjunkdirekteur vir administratiewe ondersteuning en koördinasie in McKenzie se kantoor geplaas. In die advertensie staan dat voorkeur gegee sal word aan bruin mans en vrouens, Indiese mans en vrouens en wit mans.

Giwasu het gesê dit is blatante rassisme en dat dit die wet oortree en het geëis McKenzie moet afgedank word. McKenzie het op sosiale media gesê die advertensie is in lyn met die Wet op Gelyke Indiensneming wat verseker dat daar regverdige verteenwoordiging van alle rasse in die werkplek is.

Die advertensie is intussen van die departement se webtuiste af verwyder.

Bronne: IOL, TheBulRushes, The Daily Voice

Lees ook: Amerikaanse kongreslid wil SA uit Agoa geskors hê

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief