RUSLAND. – Sowat drie mense is dood en verskeie beseer na ’n “massiewe” hommeltuigaanval oornag deur Oekraïne op Rusland geloods is. Sewe geboue is beskadig na omtrent 337 hommeltuie Rusland in 10 streke geteiken het.
Lees ook: Oekraïne teiken Rusland met hommeltuigaanval
Rusland het Oekraïne ook oornag aangeval en die dood van een persoon veroorsaak, terwyl vier mense beseer is. Vyf geboue is beskadig toe sowat 79 Russiese hommeltuie Oekraïne aangeval het.
Die aanvalle kom net voor samesprekings om die oorlog tussen die lande te beëindig in Saoedi-Arabië tussen verteenwoordigers van Oekraïne en die VSA sal plaasvind.
Bronne: Euronews, BBC, Sky News





