2 ernstig beseer in vliegongeluk in Midrand

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – ‘n Piper Cherokee 140-vliegtuig (registrasie ZS‑XPR) was vandag (Woensdag) in ‘n vliegongeluk in Midrand betrokke. Twee persone het ernstige beserings opgedoen. Die toneel is steeds aktief.

Volgens ‘n verklaring van Sisa Majola, burgerlugvaartowerheid-woordvoerder, het ‘n vlieginstrukteur en leerlingvlieënier tydens ’n opleidingsvlug vanaf Grand Central-lughawe ‘n ongeluk in ’n gebied naby Midrand gehad. Albei het ernstige beserings opgedoen en is na ’n hospitaal vervoer. Die vliegtuig het groot skade opgedoen.

Die afdeling vir ongelukke en voorvalondersoeke (AIID) is tans besig met ’n ondersoek op die toneel. ‘n Voorlopige verslag oor die ongeluk word binne 30 dae verwag.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief