KWAZULU-NATAL – Drie jong vroue, lewensredders van Durban Surf Lifesaving Club, het die naweek lewensbelangrike noodhulp op ’n barmhartige Samaritaan met ‘n skietwond toegepas. Die man het glo tussenbeide getree om konflik te besleg toe hy ‘n skietwond op ‘n kort afstand opgedoen het.
Volgens ‘n plasing van Lifesaving KwaZulu Natal het die drie jong vroue vinnig opgetree en die pasiënt met groot medemenslikheid en sorg bygestaan totdat die ambulans op die toneel opgedaag het.
Die KwaZulu-Natal Lifesaving-diens het hul waardering uitgespreek vir die heldhaftige optrede van die vroue en hul deernis en professionaliteit geprys.





