4 beseer in honde-aanval in Durban

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – Vier familielede is Maandag kort ná 14:30 tydens ’n honde-aanval in Deeside-weg in die Bonela-gebied van Durban beseer. ‘n Ma en seun is kritiek beseer.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê met aankoms op die toneel is ’n gemengderas-hond in die huis aangetref, met bloed oral in die woning. Volgens rapportering het die familiehond vier inwoners aangeval. ’n Ma en haar seun is in ’n kritieke toestand na ’n nabygeleë hospitaal vervoer, nog voordat paramedici op die toneel was. Twee ander familielede het geringe beserings aan hul onderbene opgedoen en is op die toneel behandel. Hulle het verdere mediese behandeling geweier.

Volgens ALS Paramedics is die omstandighede wat tot die aanval gelei het, tans onbekend, maar alle toepaslike owerhede was op die toneel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief