5 miljoen werksgeleenthede in 10 jaar – ‘n ydele droom?

Lees ook :

President Cyril Ramaphosa tydens die news24 beraad in Kaapstad. Foto: Annette Havenga

Werkloosheid is Suid-Afrika se grootste probleem en dra by tot die land se misdaadsyfer.

Ralph Freese, lid van die Aspen Global Leadership Network en deel van die African Leadership Initiative-South Africa, sê dat misdaad en korrupsie tussen 12% – 15% van die land se besteebare inkomste dreineer.

“Om oor die volgende tien jaar ’n gemiddelde groeikoers van 2% te bereik, kan tot 2 miljoen werksgeleenthede bygevoeg word sonder spesifieke ingrypings,” sê Freese.

Freese het tydens ’n news24-beraad in Kaapstad gesê Suid-Afrika het nodig om 5 miljoen werksgeleenthede te skep om weer die land se ekonomie op koers te bring.  Hy gaan voort om te verduidelik dat die fokus op die sektore van mynwese, vervaardiging, landbou en konstruksie moet wees.

Die beraad het onderneem om pogings aan te wend om 5 miljoen werksgeleenthede in 10 jaar te help skep. President Cyril Ramaphosa het die geleentheid bygewoon en dank in sy toespraak vir die inisiatief uitgespreek.

Volgens die CDE (Centre for Development and Enterprise), het minder as 40% van volwassenes in Suid-Afrika werk. Dit, volgens die organisasie, is omtrent 20% onder die normaal.

Volgens die CDE, ‘n onafhanklike beleidsnavorsings- en voorspraakorganisasie, het Suid-Afrika meer as 12 miljoen mense wat wil werk, maar nie geholpe kan raak nie.

Dit, sê die CDI, beskryf die werkloosheidkrisis in die land en identifiseer die kritieke areas waar hervorming nodig is, asook praktiese optrede om hindernisse tot indiensneming te verwyder.

Die vraag is egter, is dié voorneme haalbaar of net ‘n ydele droom?

Bron: https://www.weforum.org/organizations/centre-for-development-and-enterprise-cde

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief