5 sterf in botsing tussen motor en vragmotor

Lees ook :

Foto's: Departement van Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling

MPUMALANGA. – Vyf mense het Maandag hul lewens verloor toe ‘n motor en ‘n vragmotor reg van voor op die R23 tussen Perdekop en Standerton met mekaar gebots het.

Moeti Mmusi, woordvoerder vir die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling in die provinsie, sê die botsing het plaasgevind toe die vragmotor vanaf Standerton onderweg was en die sedan uit die rigting van Perdekop gekom het. Vier van die motor se insittendes – die bestuurder en drie passasiers – is op die toneel dood verklaar. Nog ‘n passasier, wat ernstig beseer is, is na die Standerton- provinsiale hospitaal vervoer, maar het later aan beserings beswyk.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie vasgestel nie. Volgens voorlopige inligting ondersoek owerhede die moontlikheid dat ‘n onveilige verbysteekmaneuver tot die botsing kon bygedra het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief