WES-KAAP. – ’n Sesjarige meisie is Donderdagoggend in Valhalla Park in die kop geskiet, nadat sy in kruisvuur beland het, wat vermoedelik met bendegeweld verband hou.
Volgens sers. Wesley Twigg het die Bishop Lavis-polisie hulle ná 09:00 op rapportering van skote na Eleanorstaat gehaas. Met hul aankoms het hulle die kind met ’n skietwond aan die kop aangetref. Sy is na ’n mediese fasiliteit geneem. Daar word vermoed dat die meisie tydens ’n skietery tussen mededingende bendes getref is. Die verdagtes het ná die voorval gevlug en is nog nie aangekeer nie.
Bishop Lavis-speurders ondersoek ’n saak van poging tot moord en volg alle leidrade op om die oortreders op te spoor. Enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom.

