7 jaar tronkstraf vir vrou se brandstigting uit jaloesie

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – Meriam Tutje (27) het haar eks-kêrel se huis in Villa Nora aan die brand gesteek omdat sy kwaad en jaloers was. Sy is vir die brandstigting gevonnis.

Kol. Malesela Ledwaba sê sers. George Lebudi van Villa Nora-speurtak se ondersoek het gelei tot die suksesvolle afhandeling en vonnis van die saak van brandstigting. Die brand het die slagoffer se huis en besittings ernstig beskadig, waarna Tutje deur die Lephalale-streekhof skuldig bevind is en tot sewe jaar direkte tronkstraf gevonnis is.

Lt.genl. Thembi Hadebe het Lebudi en die nasionale vervolgingsgesag geprys. Ledwaba het ook die gemeenskap aangemoedig om konflik vreedsaam op te los en by sielkundiges, pastore, die polisie, gemeenskapsleiers en maatskaplike werkers hulp te soek eerder as om hulle tot misdaad te wend.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief