Slangvanger in intensiewesorgeenheid ná swartmamba se byt

Lees ook :

Foto: Xander Loubser Best Care Emergency Medical Service

GAUTENG. – ’n Slangvanger is in ’n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem nadat hy Woensdag aan sy bo-arm deur ’n swartmamba in Jan Niemand Park, noord van Pretoria, gebyt is. Die man se familie het hom na Pretoria gehaas.

’n Toerniket is deur ’n eerste reageerder van Pretoria Volunteer Emergency Services (PVES) aangebring in ’n poging om die verspreiding van gif te vertraag. Xander Loubser van Best Care Emergency Medical Service sê die pasiënt het vinnig begin verswak. Hy is op die toneel medies gesedeer, geïntubeer en aan ’n ventilator gekoppel om sy asemhaling te ondersteun.

PVES, wat ‘n praktisyn en ‘n dokter in die noodspan insluit, sê die man was aanvanklik in sy voertuig en by sy bewussyn, maar het erge asemhalingsprobleme ondervind. Gevorderde lewensondersteuningspanne van Best Care en Emer-G-Med het hom gestabiliseer voordat hy na die Netcare Unitas-hospitaal vervoer is. Met aankoms by die hospitaal was ’n spesialisspan gereed om noodbehandeling te gee, insluitend die toedien van teengif. Die pasiënt is tans in die intensiewesorgeenheid waar hy gemonitor word.

PVES het hul dank uitgespreek teenoor alle rolspelers wat betrokke was by die vinnige en gekoördineerde reaksie, en die publiek versoek om die pasiënt en sy familie in hul gedagtes te hou. Dié diens het die publiek verder gemaan om versigtig te wees in gebiede waar slange voorkom. Loubser het bygevoeg dat daar die afgelope paar dae verskeie slangbytgevalle by die hospitaal aangemeld is.

Arno Naudé (president van die SA Association of Reptile Keepers), sê op sosiale media: “The patient went to remove the Black mamba from an area where we don’t see that many. The snake was hot basking under metal roof sheeting and was darting from one side to the other. It turned and bit the patient high up on his arm. I had notified my hospital of choice and they confirmed they had more than enough antivenom. Within 10 minutes the patient was struggling to speak. I managed to notify the right people and within minutes he had help. The rest is explained below. Getting the right people to transport you to the right facility with antivenom and doctors who have dealt with these bites before is critical. Now we wait.” (‘n PVES-plasing met ‘n foto van die slang is deur Naudé gedeel.) Op ‘n vraag oor die slang in Pretoria het Naudé gesê klimaatsverandering is die oorsaak omdat die slange in die matige temperatuur kan oorleef en dus suid trek. Hy sê egter dat dit slegs ‘n paar ‘n jaar is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief