Vrou ná werk buite hospitaal op pad na motor doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

‘n Vrou (49) is Sondagaand 2 April 2023 ongeveer 19:00 in St. George’s Park-area, Humewood, Qqeberha, Oos-Kaap, doodgeskiet.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê die oorledene was na bewering op pad om in haar motor te klim na werk. Sy het as ontvangsdame by ‘n privaat hospitaal in St. George’s Park gewerk.

Sy is glo deur ‘n onbekende verdagte genader wat haar eenkant toe gestoot het en verskeie skote op haar geskiet het.

Die verdagte het te voet gevlug, terwyl die oorledene na die hospitaal toe gehaas is, waar sy gesterf het.

Die motief vir die skietvoorval is onbekend en ‘n moordsaak word ondersoek.

Enigiemand wat kan help met inligting met die ondersoek kan SAPD-Humewood, s.sers. Ridwaan Baatjies by 073 130 3018 kontak.

Alternatiewelik kan Stop Misdaad by 08600 10111 of die naaste polisiestasie gekontak word.

Inligting kan ook op deur die MySAPS-toepassing gestuur word.

Alle inligting sal as vertroulik hanteer word en persone wat kan kies om anoniem te bly.

Lees ook:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief