Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk: Trane toe Manie Jackson 89-jarige op verjaardag verras

"Die trane het behoorlik gevloei."

Manie Jackson verras 89-jarige
Foto: Skermgreep van video Manie Jackson Facebook-blad

Video’s in berig

Sanger Manie Jackson het hierdie twee video’s op sosiale media gedeel.

Hy het as verrassing ‘n 89-jarige in Bloemfontein se verjaardag spesiaal gemaak deur vir haar blomme te gee en vir haar te sing.

Ten tyde van die verrassing, wat deur haar kinders gereël is, kon sy darem grappenderwys erken dat hulle al jare ‘n verhouding het.

Jackson sê soos volg:

“Ons het gister, in Bloemfontein, vinnig by hierdie tannie gestop, om haar te verras, met haar 89ste verjaarsdag en die trane het behoorlik gevloei….

Dis nie die tipe ding wat ons elke dag kan doen nie, maar die kere wat ons wel dit kan doen, is altyd baie spesiaal….!”